Brief van Melanie Opperman (Mamma van Améli)

Die begin:
Dit was tyd om partytjie te reël vir my dogter se 12de verjaarsdag, nou sys n diere-kind...en gladnie n mense-mens nie!
Al wat sy wou hê is om vir n dag weer by Wollies te gaan werk. Ek was happy...want minder werk vir my... As ek net geweet het?
Die oggend sit ek en n goeie vriendin met koffie en gesels oor Améli se wens, ek sê toe ek gaan haar n sak hondepille gee om darem saam te vat. Liefste vriendin borg toe sommer ook n sak katpille en eweskielik kom die idee! Kom ons vra nog... Sy weet nog van niks. 
Sy weet wel die diere kry net kosse van borge, en het ook haar R100 sakgeld solank gevra om n sakkie pille te gaan koop. 
Na vele posts stroom die borge in!!
Pappa moes rondjaag en optel, mamma het kontant donasies gaan blaas, ons huis het na hondepille geruik!!
Die reaksie was WOW!!! 
Mense het probeer koerante, huisgenoot en selfs radio stasies betrek.. Ons moet fotos aanstuur. 
In totaal het ons : 
1173kg hondepille
63.8kg katpille
Sakkies sagte katkosse, bokse vol honde treats, blikkies kosse, en selfs honde shampoo ingesamel!!
Ek wil almal vreeslik bedank!! Sy het n fantastiese verjaarsdag gehad!
'n Ekstra spesiale dankie aan Georel Hugh Wallace Templeton wat 2 bakkie vragte aangery het en baie kontakte in die hondekos bedryf gevra het! 'n Vriend 1000!!!

 

Bydraes:
Pille en kosse:
Marko van VetsBrands Pty Ltd met n ongelooflike groot skenking!!
Louise Muller van DogSense, Divan Lourens van Bhenyati Promotions.
Jock Dog Food ... Dan...
Sharon, Lillian, Mariana, Quinten van Pizza Perfect Magalieskruin, Tannie Petro, Madeleine, Chantell, Michelle, Bernadette, Lorainne.
Kontant bydraes:
Yvette, Mari, Monique, Rene, Sheili, Nolene, Christa, Jean, Karlien en Ina. Asook n anon. 

 

Dankie ook aan Wollies Animal Project wat vir haar n verjaarsdag boodskap geskryf het! Syt haar gesiggie vasgegryp en baie spesiaal gevoel!!
Sonder julle almal sou dit nie n sukses gewees het nie! 
Baie dankie ook aan elke persoon wat geshare, gelike, en al die 1000de mooi boodskappies. 
Ons is bitter trots op die kind!!